Ena Murray Omnibus 38 (eBook, EPUB)

Ena Murray Omnibus 38 (eBook, EPUB) - Ena Murray
Dein klimafreundliches eBook steht für dich als EPUB Format nach dem Kaufprozess per Download bereit.
Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar

11,99 €*

ISBN-13:
9780624057888
Veröffentl:
2013
Seiten:
512
Autor:
Ena Murray
eBook Format:
EPUB
eBook-Typ:
Reflowable
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung
En die klippe sal uitroepEmile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rhône, is op dertig ’n gesogte vangs onder die skoner geslag.Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral teenoor die plaaswerkers. Dié vurige kampvegter vir menseregte het ’n hart wat onstilbaar klop . . . Vir Martha wat al vergeet het van boontoe beur en wegbreek na ’n beter lewe. Vir Maria, haar mooi dogter met die droom om dokter te word.“Daar is geen reënboog vir ons nie. God het dit vir die ander mense gestuur en die rykes kry die pot goud daarby – van ons hier op die plase en in die strooise het Hy vergeet . . .” refrein Martha se bitter klag in Miempie se hart.Wat is jy werd as jy nie meer ideale en ’n gewete het nie? Hoe moet die wêreld ’n beter plek word as almal net stilbly? Miempie rus nie voordat sy nie die klippe laat uitroep nie . . .Die tonnelTot dusver het die lewe nog geen droomsterre vir die sensitiewe Ilse Rademeyer laat verskiet nie. Sy is op eenjarige ouderdom verlam weens ’n motorongeluk waarin haar ma sterf. Haar pa is ’n briljante wetenskaplike wat in sy eie afgeslote wêreld leef, en haar stiefbroer, Mynhardt, is ’n losbol en ’n rokjagter . . .Toe Markus Rademeyer op sy sterfbed lê, skroei die skuldgevoelens deur sy hart. Wat gaan van sy verlamde dogter word? Want Mynhardt, sy stiefseun, het so ’n reusebedrag geld by hom geleen dat daar geen sprake is van ’n goeie erfporsie aan Ilse nie.Maar dan bedink hy ’n oplossing. Nóg Ilse nóg Mynhardt sou ooit uit hul eie tot iets so waansinnigs ingestem het, maar diep in sy hart weet hy dit is die regte besluit . . .Danksy haar vader se testament word Ilse verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. Gelukkig ken die liefde sy eie tyd.Keerkring van die hartFaan Dempers neem ou dronk Joop Burger van die onderdorp se seun in diens as prokureursklerk. Hoe sou hy ooit kon raai dat Kasper nog eendag sý redder sou word – meer nog, sy ydele dogter, Liesel, s’n?Kasper kan nie dink aan ’n tyd in sy lewe wat hy nie ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel Dempers, op agtien al ’n ryp jong vrou, in sy hart probeer smoor het nie.Maar Liesel leef net vir swierbol Rob Rabe. Wanneer sy teen haar pa se sin met dié jakkals trou, begin die wiel van die lewe draai. Skielik is dit die trotse Liesel wat aan die verloorkant staan. En dan kry oom Faan ’n hartaanval en smeek hy Kasper om in te gryp. Want hy ken Kasper se geheim, en weet dat dié skugter man miskien Liesel se laaste redding kan wees.
Kurzbeschreibung
Die verhale in hierdie omnibus is En die klippe sal uitroep, Die tonnel en Keerkring van die hart.

ePUB Typ

Reflowable ePUB: Sind dynamische eBooks, die auf unterschiedlichen Geräten und Bildschirmgrößen lesbar sind. Diese Art von ePUB passt sich an die Größe und Auflösung des Bildschirms an, auf dem sie gelesen wird. Der Text wird automatisch umgebrochen, um eine optimale Lesbarkeit zu gewährleisten. Reflowable ePUBs eignen sich am besten für Texte, die keine festgelegte Struktur oder ein festes Layout erfordern, wie z. B. Romane oder Bücher mit hauptsächlich textbasierten Inhalten.

Fixed Layout ePUB: Sind E-Books mit einem festen Layout, das auf dem Seitenlayout eines gedruckten Buches basiert. Diese Art von ePUB eignet sich am besten für eBooks, die Bilder, Grafiken oder Tabellen enthalten, die in einem bestimmten Layout angezeigt werden müssen. Fixed Layout ePUBs sind ideal für Comics, Kinderbücher, Kochbücher und Bildbände.

Interactive ePUB: Sind eBooks, die über interaktive Elemente wie Audio, Video, Animationen, Hyperlinks und andere Multimedia-Elemente verfügen. Diese Art von ePUBs ist am besten für Bildungsbücher, Lehrbücher und andere Lernmaterialien geeignet, die interaktive Elemente enthalten, um das Lernen zu verbessern. Es kann sein, dass einige Lesegeräte oder eBook-Reader möglicherweise nicht alle Arten von ePUB-Dateien unterstützen.


 

 

Schlagwörter zu:

Ena Murray Omnibus 38 von Ena Murray mit der ISBN: 9780624057888

, eBooks-Center


 

 

For legal reasons, the eBook download can only be delivered in countries with a billing address as follow

Der eBook-Download kann aus rechtlichen Gründen nur in Ländern mit den folgenden Rechnungsadressen ausgeliefert werden:

 BG BE AT EE DK CZ CH DE CY HU HR GR FR FI ES LT LI IT IE NL MT LU LV SE RO PT PL SK SI


 

 

Kunden Rezensionen zu Ena Murray Omnibus 38 von Ena Murray | eBook

Zu diesem eBook Titel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfe anderen Besuchern und verfasse selbst eine Rezension.


 

 


Kunden, die: "Ena Murray Omnibus 38" (EPUB) von Ena Murray als eBook gekauft haben,

interessierten sich auch für die folgenden eBooks: